Die trek na Humpata

My Herinneringe


 

DIE TREK NA HUMPATA

 

 

1892

 

deur

H.C. Grobler

 

Voorwoord

 

Die opstelling hiervan is ter nagedagtenis aan die Dorslandtrek na Humpata soos deur die Grobler-familie in 1892 meegemaak.

 

Besonderhede van hierdie geskiedkundige gebeurtenis is vanuit oorspronklike en betroubare bron verkry en weergee die talle beproewings en gevare waaraan die trekkers blootgestel was; hulle latere lewe in die weste, en hoe sommiges van hulle vermoor is gedurende die Herrero-opstand.

 

Geen denkbeeldige name is aan die karakters verleen nie.

 

Lena Grobler, een van die hooffigure, het hierdie rampspoedige trek van begin tot einde deurgemaak. Sy lewe nog op hierdie oomblik.

 

1933

Swartruggens

 

H.C. Grobler

Skryfster

 


 

Hoofstuk I

 

Dit is n bitter koue aand in Juliemaand. Alles is roerloos stil, asof die kilheid van die nag beslag l op die lewe van die afgestorwe dag. Slegs die huilende eentonigheid van die nagwind wat somber en droewig oor bergkruin en vlaktes sweef onderbreek die stilte.

 

Voor die vuurherd, diep in gedagte versonke, sit Lena Grobler, n vrou van sowat twee en sestig jaar oud. Sy staar onafgebroke in die vuur voor haar terwyl haar gedagtes onrustig woel, en dit is asof die wisselende spel van die vlamme die toestand van haar gemoed vertolk. Sy dink terug aan n tydperk in haar lewe wat reeds lank verby is. n Droewige sug ontsnap haar binneste ... ja, dit is asof sy alles weer voor haar sien.

 

Skielik voel sy n koue handjie om haar nek. Neelsie se armpie kruip liefkosend om sy ouma se nek en hy merk met kinderlike ontstelling die traan wat oor haar verrimpelde wang biggel. (Neelsie: Henrie en skryfster se seuntjie.)

 

Hoekom huil ouma dan?, vra hy sag.

 

Nee wat kindjie, dis sommer die rook van die vuur wat my o so laat water. Kom ons gaan slaap ... jy weet langoortjies hoort lankal in die bed!

 

Sy liefkoos sy blonde krulhaartjies as sy hom op sy bedjie neerl en warm toemaak. Toe sy hom n goeienagsoentjie gee, voel hy egter weer haar warm trane teen sy wang.

 

Ouma moet nou nie meer huil nie, troos hy met n fluisterstem maar die vaak ogies gaan reeds stadig toe.

 

Die vrou maak seker dat hy warm toegemaak is en gaan dan weer voor die vuurherd sit tot laat in die nag, en haar gedagtes voer haar terug ...

 

Lees nou verder...

 


 

MY HERINNERINGE

 

deur

 

Helena Catharina Grobler

 

Voorwoord

 

Wat ek hier kortliks in eenvoudige taal vertel, het ek as kind beleef, gehoor en gesien. Ek sal dit alles nooit vergeet nie.

 

Dit is n terugblik na die verlede wat bedoel is om aan my nageslag te toon dat ons voorouers se krag in hulle Geloof, die Bybel en gebede gel het.

 

Mag dit hulle aanspoor om met dieselfde wapenrusting hulle eie toekoms tegemoet te gaan.

 

H.C. Grobler

(geb. Du Plessis 11 April 1894)

 

Pretoria

1969

 


 

Steenbokfontein

 

Ek het daardie mre vroeg opgestaan. Dit was besonder stil in die huis, baie stiller as gewoonlik daardie tyd van die oggend. Met n vreemde haastigheid het ek gewas, aangetrek en my hare gekam.

 

In die eetkamer het ek my Moeder en suster Sophie aangetref. Hulle het net daar gestaan en ek kon sien dat hulle baie hartseer is. Toe ek Moeder n mresoen gee, kon ek haar warm trane teen my wang voel. Ek het n knop in my keel gevoel toe ek vinnig by die agterdeur uitloop, en langs die huis teen die muur gaan staan.

 

Ek kon die gebulk van die beeste hoor; skape wat blr; hoenders wat kraai en kekkel; die mak tarentale in die groot ou bloekomboom langs Oupa se huis het luidrugtig tekere gegaan. Maar daar was iets wat ontbreek het, iets wat ook in ons harte n groot leemte gebring het. Daar was vanmre nie die bekende mansstemme nie; nie di van my Vader, broers of ooms en neefs wat in die mre vroeg welluidend die een na die ander geroep het as hulle gaan melk of osse inspan om te gaan ploeg. Of die sweep sou skerp klap as Kleinbooi of outa Kerneels die osse moes nader bring.

 

Ja, dit het gelyk en gevoel of die plaas treur net soos di wat agtergebly het.

 

En in my kindergemoed (8 jr. oud) was daar verwarrende gedagtes oor die dinge wat my begrip nog nie kon raakvat nie; daar was my eie hartseer en ook nog die trane van my Moeder.

 

Lees nou verder...