Boeke / Books

Voorblad
Bestelkode
Titel
Outeur
Beskrywing
Inligting
Prys

GvdR-HL
Geheimenis van die Roos Helena Liebenberg
“Ek het jou gedigte gelees en was eenvoudig oorweldig met die skoonheid daarvan en die uniekheid daarin. Jou gedigte in hierdie bundel het lengtes van temas, breedtes van uitsigte, hoogtes van waardes en dieptes van betekenisse.
Ek het my verlustig in die pragtige Afrikaanse woorde en die struktuur van die sinne. Heelwat van die woorde is vir my heerlik nuut en vars omdat jy dit waarskynlik self geskep het of dit verbind het met ander woorde om nuwe en dieper betekenis te gee aan dit wat jy beskryf. Jou digkuns is vir my verfrissend oorspronklik.” – PJM
Datum: 2015
Aantal bladsye: 34
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT, sagteband,
mat gelamineer
R65-00

RB-HL
Rooswater – Bloemlesing
Helena Liebenberg
Rooswater – Bloemlesing is ’n diep geestelike, byna mistieke kyk na die misterie van die Godheid en die Skepping, met as hooftema die Liefde in verskeie vorms – die gedagtes van ’n ongewone denker wat werk met ongewone begrippe gehul in wat was, wat is en wat sal wees – delikaat, verrassend en douvars verwoord.
Aanvaar die uitdaging en stap saam met die Rooswater-gedigte op hierdie nuutgebaande en tot dusver in Afrikaans onbetrede weg. Dit is verse om in stilte te deurdink en te waardeer – voorwaar kragtige voedsel vir die ondersoekende siel.
Datum: 2012
Aantal bladsye: 144
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT, hardeband
R120-00

RAMS-FR en die Ramshoring het geblaas  Francie Rivers Ons lees van die verskillende maniere waarop mense dink God met hulle praat – soms eg, soms vals – asook hulle verskillende reaksies daarop. Paul Hudson was vasbeslote om sy kerk op te bou, maar teen watter prys? Soos sy geesdrif en ambisie groei, vergeet hy van die Een wat hom geroep het.
Datum: 2003
Aantal bladsye: 450
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R100-00

AHvN-JH Attie Hofmeyr van Nyasaland Hofmeyr, J.W.L.  Een Levenschets van … Ds. Adrian Louw Hofmeyr, B.A., Zendeling der N.G. Kerk in Nyasaland, 1901–1919. De Christelike Huis-biblioteek (Tweede Reeks, Deel 1.), Het Administratie-Bureau, Stellenbosch. Datum: 1922
Aantal bladsye: 147
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband

Van geskiedkundige waarde
R110-00

HK-RS Haai, Katriena – wat vertel jy my nou! Scheepers, Riana Kortverhale. Met die immer vindingryke char Katriena Willemse skep Riana Scheepers ’n onvergeetlike verteller van stories en staaltjies. Katriena is ’n kombuis-Sjeherazade wat vir elke krisis of insident in die huis ’n kostelike storie nie. Datum: 2004
Aantal bladsye: 114
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R65-00

RRL-HL
Raai-raai Lyfielief Helena Liebenberg Rympies. “Hierdie boekie met sy pragtige illustrasies is ’n moet vir vier- tot sesjariges. Dit bevat rympies met prettige aanwysings waarvolgens die kind moet raai watter liggaamsdeel beskryf word. Metrum is meestal jambies, maar word nooit vervelig nie omdat die spreekritme soms anders is. Die paarrym val lekker op ’n kleintjie se oor; ook hier is soms afwykings om dit interessant te hou.
’n Handige lys verklarings van effens moeilike woorde se betekenis word agterin gegee.”
– dr. Elsabé Steenberg

Datum: 1994
Aantal bladsye: 36
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT
R35-00

IM-HL
Idiome-mallemeule Helena Liebenberg Idiome. Dit handel oor ’n twintigtal Afrikaanse idiome wat op die vreemdste, snaaksste maniere verbind kan word, byvoorbeeld: agteros ... het daar ’n kierie nodig,
’n benoude kat ... is beter as ’n leë dop, die aap ... sing soos hy gebek is.
Op ’n uiters genotvolle manier word die besonderse uitdrukkingsvermoë van Afrikaans beklemtoon. Die komiese verrassings wat vreemde idioom-kombinasies inhou, sorg vir baie pret.
Die kind probeer self die regte idioomdele bymekaar pas en kan die idiome en hul betekenis agterin herlees.

Datum:  1992
Aantal bladsye: 36
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT
R35-00

A-HL
Animidioms Helena Liebenberg Idioms. It is said that idioms are the soul of language. But just imagine what would happen if parts of different idioms were combined. This would really turn any idiom’s soul/sole meaning completetely inside-out – or is it upside-down?
And this is exactly what Animidioms is all about – it changes something serious into something funny.
A list of all sixteen idioms and their meanings, however, leads us safely back onto the educational track. The humurous illustrations add a special touch to this book.

Datum: 1992
Aantal bladsye: 36
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT
R35-00

AJWOK
Adoons-hulle
Jakkals en Wolf
Oom Kaspaas
T.O. Honiball
Honiball-trilogie
Heerlike leesvermaak vir die hele gesin!  Verdere kommentaar is onnodig waar Adoons-hulle, Jakkals en Wolf, en Oom Kaspaas seëvier ...

Datum: 2007 (Naledi-herdruk)
Grootte: 210 mm x 245 mm
Aantal bladsye per boekie: 56
Aantal eksemplare: 2
Opmerkings: NUUT
R245-00 per stel

AOK
Alles oor kleur
Naka Pillman
Die handleiding gee ’n bondige uiteensetting oor alle aspekte van hierdie boeiende onderwerp met toepaslike illustrasies. Dit is saamgestel met die doel om die komplekse gebruike en kombinasies van kleur, hetsy vir die leek of kunstenaar, tekstielvervaardiger of kommersiële adverteerder meer verstaanbaar en toeganklik te maak.
Datum: 2011
Aantal bladsye: 65
Aantal eksemplare: 5
Opmerkings: NUUT
R80-00

DBD-AB
Die blye dae
Audrey Blignault
 Party van die essays, met hul lewendige, skerpsinnige woordspel, hul wysheid en onverwagte uitvalle, is in hul soort werklik literêre prestasies, voorbeelde van ’n vorm wat ons in Afrikaans nog glad nie ten volle beproef het nie, maar wat bv. in Engels ’n reeks van name deur die eeue oproep. Audrey Blignault volg dié voetspore op waardige wyse. Datum: 1965
Aantal bladsye: 157
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

DPB-AB
Die plesierboom
Audrey Blignault
Elke dag se ervarings in die lewe van ’n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Audrey Blignault het die slag om uit die eenvoudige belewenisse glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower.
Datum: 1967
Aantal bladsye: 145
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

DVLV-AB
Die verlange loop ver
Audrey Blignault
Wat die leser hier aangebied word, is die skryfster se siening van en reaksie op persone, situasies en gebeurtenisse uit haar reise in die buiteland. Dit maak die essays in hierdie bundel minder persoonlik. En tog is hulle ook nie anders nie ...
Datum: 1969
Aantal bladsye: 142
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

POVJ-AB
Pas op vir Jantatarat
Audrey Blignault
Die skryfster se indringende en opregte belangstelling in die mens met al sy eienaardighede, haar meevoerende liefde vir die letterkunde – bo alles die poësie, en haar geloof dat die lewe die moeite werd is, spreek opnuut uit hierdie bundel essays en verhale, die beste uit haar rubriek in Sarie.
Datum: 1979
Aantal bladsye: 91
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

TBED-LT
The Book of El-Daoud
Die Lemoenboom Trust
(uitgewer)
The Gospel of Simplicity given unto his Own

"Mine own beloved: All who love our God are our God's very own ... Each has his own appointed plot of ground to cultivate in Gods great garden – Earth. And even as Earth's soil varies in different countries, each plot perchance may need a different mode of treatment ... lest the fruit be spoiled."

Datum: 1931, heruitgawe 1983
Aantal bladsye: 225
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT, hardeband
R180-00

GDVMS-LT
GOD
die Vader
die Moeder
die Seun

Die Lemoenboom Trust
(uitgewer)
As jy ruimte in jou hart het vir God die Vader, God die Moeder en die Eniggebore Seun, vir Adam en Ev-Am as die Vader-Koning en Moeder-Koning, en vir die heiliges ... dan is hierdie boek vir jou.

(Afrikaanse vertaling van The Book of El-Daoud)
Datum: 2002
Aantal bladsye: 302
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT, hardeband
R180-00

BB-LT
Boodskap aan die Boere
Die Lemoenboom Trust
(uitgewer)
Dr. H.F. Verwoerd het prof. Van Schoor gevra om te kyk of hy die geheimenis van die lemoenboom in die staatswapen van die Vrystaat, die Unie en die Republiek van SA kon ontrafel. Die leeu van Juda wat met sy voorpoot teen die stam van die lemoenboom in die Vrystaatse staatswapen lê, is deel van dié geheimenis. Hierdie onopgeloste mistieke verborgenheid vra om ’n antwoord. Hoe ons volk hierby inpas, lê in die Boodskap aan die Boere opgesluit.
Datum: 2004
Aantal bladsye: 148
Aantal eksemplare: 10+
Opmerkings: NUUT
R90-00

JGB-HCL
J.G. Borman
Eeufeesgedenkuitstalling
14 Junie 2012

Helena Liebenberg
Volkleurkatalogus van J.G. Borman se water- en olieverfskilderye in privaatbesit.
"Die oorheersende kenmerk van Borman se skilderwerk is die volkome harmonie wat bestaan tussen tema en uitbeelding ... van veral die ongeskonde prag van die Suider-Afrikaanse landskap as deel van die grotere Skepping. So spreek ’n Borman tot die hart en siel van ons land en sy mense."
Datum:  2012
Aantal bladsye: 24

Aantal eksemplare: 5+
Opmerkings: NUUT, volkleur
R75-00

OTO-JK
om te onthou
Jopie Koen
Digbundel.

en daar was drie plase ...
Liefde   Langspruit   Geluk
Datum:  –
Aantal bladsye: 96
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Ongebruik
R100-00

DGL-JB
’n Driekwart eeu van Gods liefde
Noorder-Paarl
1785–1950
J.A.S. Oberholster
’n Oorsig van die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Noorder Paarl. Uitgegee in opdrag van die Krkraad
Datum: 1950
Aantal bladsye: 128
Opmerkings: Tweedehands, hardeblad

Van geskiedkundige waarde
R90-00

DVDI-PM
Die dwerg van die Infanta en ander verhale
Petra Müller
Die boek handel oor die sonderlinge, buitestanders, verstotelinge wat in hierdie magies meevoerende verhale gestalte kry, en sê dat die mens in sy eerste behoeftes voor jou staan. Verhale oor die misterie van lewe en dood; vertel met aardse humor en ligtende wysheid.
Datum: 1993
Aantal bladsye: 122
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R75-00

DD-AB
Die dammetjie
en ander sketse en essays
Audrey Blignault
Alba Bouwer
Freda Linde
Elise Muller
M.E.R.
Rykie van Reenen
’n Keur uit die verhale van bekende en geliefde Afrikaanse skryfsters met drie bydraes elk. Die titelverhaal, Die dammetjie, is deur M.E.R. geskryf.
Datum: 1969
Aantal bladsye: 143
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeblad
Toestand: Goed
R75-00

SVE-DM
Susters van Eva
Dalene Matthee
Dit is ’n onweerstaanbare roman oor ’n raaiselagtige moord en die raaisel van vrouwees. Die skryfster boei deur haar eiesoortige vertelwyse, verrassende insigte en die integrasie van landskap en storie.
Datum: 1995
Aantal bladsye: 266
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R70-00

BTD-HA
’n Bruidsbed vir Tant Nonnie
Hennie Aucamp
Kortverhale. Die leser word gekonfronteer met die eensaamheid van die mens. Kenmerkend is die skrywer se besonder fyn waarnemingsvermoë, sy vermoë om hom van sy karakters te distansieer en so mense in eie reg te skep wat in in hul eie wêreld leef.
Datum:  1970
Aantal bladsye: 90
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeblad
Toestand: Goed
R80-00

K-HA
Karnaatjie
Reissketse en essays
Hennie Aucamp
Dit is ervarings wat wyd opgedoen is wat in hierdie bundel beskryf word. Ierland, Spanje, Oostenryk, België, Italië, Engeland en Suid-Afrika – almal kom aan die bod. Die skrywer het gaan soek na die sin van die ervarings.
Datum: 1968
Aantal bladsye: 97
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R80-00

EVLAP-TDT
Die erfgenaam van La Provence
Tryna du Toit
Die leser het hier ’n verhaal wat aan die vroeë Kaap afspeel, vol opwinding en handeling, en tesame met die skryfster se sprankelende skryfstyl, is die resultaat ’n puik roman wat algemeen byval sal vind.
Datum: 1964
Aantal bladsye: 220
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

DT-TDT
Die towerstaf
Tryna du Toit
Tenniskampioene van Suid-Afrika! Dit is die blink ideaal wat Judy Kirsten lok ... die 'towerstaf' – die vlugge, behendige raket. Dit is ’n aktuele, moderne verhaal wat boeiend en aangrypend deur ’n baasskryfster vertel word.
Datum: 1970
Aantal bladsye: 232
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

HCB-VR
Herman Charles Bosman
– Between the Lines –
Valerie Rosenberg
The writer examines the complex genius that was Herman Charles Bosman in a fresh and sometimes controversial light in this exposé of his work and private life. Who can deny the brilliance in creating a character such as Oom Schalk Lourens and the evocative tales of the Marico bushveld? Or the chilling observations in his autobiographical Cold Stone Jug? Love him or hate him, Bosman was, and is, one of South Africa's finest literary sons.
Datum: 2005
Aantal bladsye: 261
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Ongebruik,
hardeband
Toestand: Soos nuut
R190-00

CI-DD
Certain Islands
a personal selection
David Divine
The islands in this book have been chosen for their special characteristics – islands of discovery and of war, of refuge and terror, of pirates and of gods. Even amongst themselves they are in contrast so that some have an aura of triumph and some of intolerable disaster.
Datum: 1972
Aantal bladsye: 215
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R95-00

WBSB-RD
Write better,
Speak better
Reader's Digest
It brings together in one place the most practical advice available from experts in the field of communications. The book is divided into four parts: How to write better; The tools of the trade; How to speak better, and Learn to use your voice.
Datum: 1977
Aantal bladsye: 730
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R140-00

TLOTM-EK
The Law of the Mother
Elizabeth Kemf (Editor)
"It is a valuable contribution to the 1993 International Year for the World's Indigenous People. It provides an alternative vision of the future, offering development models based on traditional knowledge and respect for nature. This anthology is vivid in its detail and serves as a handbook of how we can better protect our fragile ecosystems as well as respect their inhabitants."
– Julian Burger
Datum: 1993
Aantal bladsye: 296
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband, kleurfoto's
Toestand: Goed


R115-00

TAL-AS Teen die aand sal dit lig word Adriaan Snyman Dit is ’n roman met Siener van Rensburg se gesigte as tema, en in die besonder die verloop daarvan ná 1994. Die profesieë van Siener én van die Bybel word uiters oortuigend bygetrek, maar kry nou ook ’n heel nuwe dimensie wanneer dit met kruisbeligting van werklikheid en visioen voor die leser afspeel. Datum: 2000
Aantal bladsye: 176
Opmerkings: Ongebruik
R60-00

TIDW-CN
Tsammas in die waaisand
Charles Nel
"Wanneer ’n mens jou oë laat dwaal deur die bundel en jou vingers blaai tot aan die einde van hierdie digwerk, weet jy dat Charles Nel sy voetspore op nog ’n gebied laat bly het. Hy was nie slegs die suksesvolle komponis van die kunslied nie, maar met hierdie bundel het hy homself ook bewys as meester van die digkuns. Die hele bundel spreek van ’n mens wat ’n besondere liefde en waardering vir sy land, sy volk gehad het." – P.J. Nienaber
Datum: 1982
Aantal bladsye: 56
Aantal eksemplare: 3
Opmerkings: NUUT, hardeband

Nr. 16 van 80 getekende eksemplare
R115-00

DUK-MH
Die uurwerk kantel
Marié Heese
Roman. Dit is die ontroerende verhaal van Maria Celliers. Die karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunte met die hoofmomente in die SA geskiedenis aangesny word – die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wêreldoorloë, die politieke stryd rondom '48 – word dit met kundigheid en insig gedoen.
Datum: 1976
Aantal bladsye: 222
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Ongebruik, hardeblad

R100-00

WFM-JAH
Wie fyner maal
Dr. J.A. Heyns
Nooit mag ons ywer vir die waarheid fanatiek word nie, want dan versamel ons nie, maar verstrooi – en dit in die misleidende waan dat ons siening gelyk is aan die grense van die waarheid.

Ons sal moet leer dat dieselfde ook op ’n ander wyse geformuleer kan word. Of miskien is dit juis ons eie kortsigtigheid wat ons noodsaak om te meen dat almal dit soos ons moet sê.
Datum: 1969
Aantal bladsye: 60
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

DM13K-HK
die man met die dertien kinders
Harry Kalmer
Jos Goosen, sy vrou – Mathilda – en hulle dertien kinders bly gelukkig op ’n plaas in die "biltong-belt" aan die rand van die Bosveld. Maar dan dwing ’n persoonlike krisis hom om bestek te neem van sy eie bestaan, die sin van sy lewe, sy kinders, sy alkoholisme en veral sy huwelik.
Datum: 1998
Aantal bladsye: 94
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R65-00

PPD-JG
’n Pawpaw vir my darling
Jeanne Goosen
Mabel huil nou hardop by die kombuistafel. 'Die jongste kom altyd laaste. Vir almal word daar gesôre, maar wat van my? Charlize Theron het die regte dinge gedoen. Geloop. Ek moes dit ook gedoen het.'
In ’n Pawpaw vir my darling is Jeanne Goosen, bekroonde skryfster, op haar beste.
Datum: 2002
Aantal bladsye: 110
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Ongebruik
R100-00

MOM-ELR
Magersfontein, O Magersfontein!
Etienne Leroux
"Miskien ... miskien dink ek dat Magersfontein tot die epiese kunsvorm, die prosa behoort, waar die ironie allesomvattend triomfeer oor die poëtiese lughartigheid van satire, komedie en harlekynspel" – Lord Seldom (van Sudden-Fee-Tway buitekant Londen, een van die karakters)

"Laat my dit dan ronduit sê: Magersfontein, O Magersfontein! is – benewens dat dit Leroux se komieklikste is – ook een van sy héél grootste romans, en vir Afrikaans een van die héél belangrikste ..." – Abraham de Vries
Datum:  2003*
Aantal bladsye: 200
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed

*Eerste Klassiek-uitgawe
R150-00

KVDA-APB
Kennis van die aand
André P. Brink
Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. In Brink se werk self bly dit ’n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen. Dit is ’n roman met elegiese opset, maar is ryk aan afwisseling op ’n breë skaal. Bo-oor dit alles staan die bedrieglike eenvoud van ’n verhaal wat hom met die noodwendigheid van ’n ou tragedie voltrek.
Datum: 2004*
Aantal bladsye: 480
Aantal eksemplare: !
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed

*Eerste Klassiek-uitgawe
R170-00

DLL-FD
Die ligte las
– oor die praktyk
van ’n Christelike lewe
Ferdinand Deist
"Woorde is baie soos skoene. Soos skoene ’n mens iewers heen dra, neem woorde jou gedagtes iewers heen. En skoene verslyt van baie gebruik ... " Só roer die skrywer die probleem van holruggeryde uitdrukkings in ons Christelike woordeskat aan – één van die haakplekke in ons Christelike mondering wat in die eerste deel van hierdie twintigtal gesprekke krities bekyk word.
Datum: 1981
Aantal bladsye: 117
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband, klein formaat
Toestand: Goed
R65-00

DPM-RL
Die Parsifal-mosaïek
Robert Ludlum
"Die kil lig van die maan word weerkaats deur die aanrollende branders wat met ’n skuimgespat oor die rotse aan die kus breek. Die strook strand tussen die yslike rotse van die Costa Brava is die plek van teregstelling. Dit kon nie anders nie." So begin hierdie spanningsverhaal van spioenasie, intrige, vervolging, ontvlugting, oorlewing wat die leser se aandag tot aan die einde boei. 
Datum: 1982 (in Afr.)
Aantal bladsye: 623
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Ongebruik, kunsleerhardeband
R120-00

DHVDS-KS
Die Hart van die Son
Karel Schoeman
Hierdie roman oor die lewe van William Shakespeare wil die groot Engelse digter en dramaturg aan die Afrikaanse leser bekend stel, nie as ’n figuur uit ’n geskiedenisboek of selfs as die skrywer van dramas soos ons hom op skool leer ken nie, maar as ’n werklike mens. Dit is ’n hoogs lesenswaardige roman.
Datum: 1965
Aantal bladsye: 183
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R90-00

DP-KG
Die Profeet
Kahlil Gibran
Vir die Afrikaanssprekende het Die Profeet ’n besondere aantrekkingskrag omdat sy eie geestelike behoeftes so trefend daarin weerspieël en bevredig word. Hier is ’n beeldskone kunswerk wat deurtrek is met die asem van die onsterflikheid. Hierdie is voedsel vir die gees sowel as die verstand.
Datum: 1971
Aantal bladsye: 104
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R80-00

EVMU-ILDV
Engel voor my uit
I.L. de Villiers
Blaaie uit my Bybeldagboek ...
Engel voor my uit is die eerlike belydenis van een bepaalde mens se verhouding tot God en sy ervaring van en insigte in die waarhede aangaande die geestelike lewe.
Datum: 1973
Aantal bladsye: 83
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

SVDM-ILDV
Sieners van die Môre
I.L. de Villiers
In hierdie boek bespreek die skrywer ’n wye verskeidenheid van onderwerpe: die probleem van lyding, menslike verhoudinge, geluk, wanhoop, die aktualiteit van die Bybelse wette ... Daar is herinneringe aan sy jeug, insiggewende sketse oor Bybelfigure soos Maria Magdalena, Pilatus se vrou, Thomas ...
Datum: 1978
Aantal bladsye: 116
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

DOU-AML
Die Onverdeelde Uur
Anna M. Louw
"Waarom sou daar nie deug daarin bestaan om die misverstand tussen hart en hart na baie jare wegte ruim nie, al is die tyd reeds lank verby wanneer dit ’n verskil kan maak aan die lewens van hulle tussen wie die misverstand was?"
Want hulle (karakters in die boek) het geleer dat die verlede nooit volkome uitgewis kan word nie, dat dit altyd lewendig bly en die bronaar van die hede is.
Datum: 1956
Aantal bladsye: 103
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R110-00

V-AML
Vos
Anna M. Louw
Die skryfster het soos by haar ander ernstige romans ook vir Vos oerbeelde as tema gekies: hier is dit die oertipiese Faust wat in die veeboer Vos verpersoonlik word. In hierdie diep menslike roman oor die mens se uitgelewerdheid aan die kwade, dikwels met katastrofale gevolg, beeld die skryfster een mens se tragiese reis van obsessie na eenvoud uit.
Datum:  1999
Aantal bladsye: 249
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R125-00

KEK-AAJVN
Kelkiewyn en Koggelaar
A.A.J. van Niekerk
Van Niekerk skryf ’n sober prosa, sonder opsmuk of enige literêre trucs. Dis ook ’n beskeie kuns, ’n streekkuns*. Algaande word dit egter meer en kry die eenvoud ’n dieper gestalte. Jy onsdek die patos van die ewige mens verstrengel in die lewe, maar dikwels is daar die aardse humor; die bevryding van die lag wat wil oplos. En dit is een van die grootste verdienstes van hierdie bundel.

*Die Noordweste bestaande uit die Namakwaland, Sandveld, Boesmanland en die Richtersveld.
Datum: 1969
Aantal bladsye: 122
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R100-00

NODS-PHN
Nuut onder die son
P.H. Nortje
Hierdie sketse gee die aldagse lewe van ’n lekker Afrikaanse gesin daar in die mooi wêreld van Wellington, met sy groot appelkose, sy mebos en sy kosmopolitiese beskawing, só vrolik weer dat ’n mens dit onmoontlik sommer in een slag dwarsdeur kan lees. Wie dit probeer doen, sal by die laaste bladsy skoon gedaan wees – van die lag.
Datum: 1967
Aantal bladsye: 136
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R100-00

WDLISG-CF
Want die lewe is so goed

– keur uit die werk van Mikro
Corlia Fourie (samesteller)
Op 8 Oktober 2003 sou Mikro 100 jaar oud gewees het. Hierdie huldigingsbundel plaas die klem op sy voorstelling van die "verbeelde" kleindorpse Afrikaner, veral in die Gonnakolk- en Soetwater-verhale, waar karakters soos Mattewis en Meraai (Gonnakolk) en Dot, haar ma, Bella, en oom Gawie Diepwater (Soetwater) oor baie jare diep in lesers se harte ingekruip het. Die humor en menslikheid van die karakters en die situasies behoort nie net byval vind by mense wat sy werk reeds ken nie, maar ook by ’n nuwe geslag lesers.
Datum:  2003
Aantal bladsye: 223
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R110-00

DWL-EM
Die wilde loot
Elise Muller
"In die agt jaar vandat Retta weg is, het die Steens vooruitgekom, danksy die ruimhartigheid van oom Samuel en danksy die vlyt en sorgsaamheid van Selina. Toe kom Retta terug.
Selina, die bestendige, en Retta, die wilde loot ...
Datum: 1962
Aantal bladsye: 274
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R75-00

UET-MER
Uit en tuis
M.E.R.
Die stukke in hierdie bundel het oor die tydperk 1922-1938 as artikels in Die Burger verskyn, min of meer soos hulle hier weergegee word; ’n enkele ook in Die Huisgenoot. Die titels van die stukke is: Ons dorstige Land; In en om ’n ou Dorp; Berge; Verskeidenheid; Allerhande veld; Huisdiere.
Datum: 1969
Aantal bladsye: 202
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R95-00

DV-MER
Drie vertellings
M.E.R.
Die drie vertellings deur hierdie bekende en vermaarde Afrikaanse skryfster is die volgende:
           Die moeder en die dogter
           Bergwind
           Kató en Martjie
Datum: 1948
Aantal bladsye: 143
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R130-00

MVNNG-EB
M.E.R. van naby gesien

– ’n keur uit die kortkuns van M.E.R.
Elize Botha (samesteller)
Omdat mens (dus) weet dat daar ’n sekere eenheid is in die groot verskeidenheid van werk wat M.E.R. geskryf het, het dit ’n keuse daaruit vergemaklik.Die stukke is egter nie verteenwoordigend van haar werk nie, maar eerder heenwysend na haar werk in sy groter, steeds verrassende, vreugdegewende geheel. En daarom gaan dit dan: die oopmaak na die unieke bydrae van een van ons belangrikste skrywers in die leeftyd van Afrikaans.
Datum: 1975
Aantal bladsye: 90
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R110-00

GZGB-PGB
Gezond zijn en gezond blijven
P.G. Buekers
Hoe zal de leek ook de nauwkeurigste beschrijving van ziektetoestanden en van ziekteverschijnsels kunnen  begrijpen als hij den gezonden toestand van zijn lichaam en de normale werking van zijn organen niet kent? Als hij natuurlijke levensuitingen niet kan beoordeelen en niet van ziekelijke weet te onderscheiden?

Handtekening voorin: I.C. Schulenburg, N.C.H.
Datum:  1906
Aantal bladsye: 320
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed

Van geskiedkundige waarde
R175-00

THA**-N&R
TOPONYMICA HOTTENTOTICA
A**
H–Z
Naamkundereeks nr. 7
G.S. Nienaber & P.E. Raper
In 1977 is die twee dele van Toponymica Hottentotica gepubliseer. Dit het die uitkomste bevat van die navorsing oor Khoekhoense plekname wat in die eerste stadium afgehandel is. Hierdie deel A**behandel plek- en plaasname wat begin op H tot Z, en volg op A* waarin name met aanvangsklank A tot G ter sprake is. Die A dui op Projek A met ongeveer 3 000 name. Plus opmetingsgidskaarte.
Datum: 1977
Aantal bladsye: 1126
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed

AFRICANA
MAAK ’N AANBOD

THB-N&R
TOPONYMICA HOTTENTOTICA
B
A–Z
Naamkundereeks nr. 10
G.S. Nienaber & P.E. Raper In 1980 word die resultate van die tweede fase van die navorsing gepubliseer as Toponymica Hottentotica B, waarmee die studie van Khoekhoense plekname afgesluit word. In totaal is bykans 4 000 Khoekhoense plekname in hierdie publikasie behandel. Die invloed van die Khoekhoen op ons pleknaamgewing is nog groter as wat uit hierdie syfer blyk, want baie berg-, rivier-, plek- en plaasname is regstreeks uit Khoekhoens vertaal. Plus opmetingsgidskaarte.
Datum: 1980
Aantal bladsye: 823
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed

AFRICANA
MAAK ’N AANBOD

JVR-CLL
Jan van Riebeeck

C. Louis Leipoldt
"Die feit dat daar nog geen lewensbeskrywing van ons Landstigter bestaan nie, het my genoop hierdie boek te skryf. As kind het ek kennis gemaak met ’n ou aia, ’n gewesene slavin, en die afstammeling van ’n slawe-gesin, wie se voorgeslag aan die Kaap aangeland het in Van Riebeeck se tydperk. Dit was sy wat vir my van die ou dae vertel het. ... Ek het getrag om soveel as moontlik uit Van Riebeeck se Dagboek te put, en, waar moontlik, homself te laat praat." (Uit Leipoldt se Voorwoord)

Datum: 1938
Aantal bladsye: 268
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
(Ons Geskiedenis-serie)
Foto's van geskiedkundige waarde.

AFRICANA

MAAK ’N AANBOD

OP-GSP
Ons parool

– dae uit die dagboek van
’n krygsgevangene
Gustav S. Preller
Dit is die dagboek van Gustav Preller en bestaan uit die vlg. hfste.: Laaste Dae op die Hoëveld. Ongeoorloofde Onderhoud. ’n Oorrompeling. Beskonke Soldateska. Tussen Ermelo en Standerton. Blokhuislinies oor die Hoëveld. Standertonse Herinneringe. Geboeide Hande. Natal-toe. Jan Inkosi. Nie alles Goud nie. Boere op See. Mengelmoes van Mense. Boere onder die Bare. End van die Seereis. Op Parool. Japie Greyling. Kamplewe. Vreemdes wat gehelp het. Veldk. Frans Fourie. Oom Piet. Vredestyding in Kaity. Die "Kruger-miljoene". ’n Laaste Eensame Graf. Teken of nie Teken nie? Huis-toe! L'Envoi – Die Nadraai.
Talle persoons- en plekname.
Datum: 1938
Aantal bladsye: 250
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
(Ons Geskiedenis-serie)
Foto's van geskiedkundige waarde.

AFRICANA
MAAK ’N AANBOD

KTV
Kaapland en die Tweede Vryheidsoorlog
C.J. Scheepers Strydom
Hierdie publikasie is ’n verwerking van die oorspronklike manuskrip; lg. is in 1932 deur die Universiteit van Kaapstad as proefskrif aanvaar. Die inhoud bestaan uit: Inleiding. Die Transvaalse krisis. Die eerste inval in die Kaapkolonie. Die Kaapse politiek in 1900. Die tweede inval in die Kolonie. Krygswet. Ná Vereeniging.
Datum: 1937
Aantal bladsye: 285
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
(Ons Geskiedenis-serie)

AFRICANA

MAAK ’N AANBOD



FP-JLRLD
Flemish painting
– from Bosch to Rubens –
Text by Jacques Lassaigne
and Robert L. Delevoy

Hieronymus Bosch, Joachim Patinir, Cornelis Massys, Herrie met de Bles, Peeter Huys, Jan Mandyn, Pieter Bruegel, Quentin Massys, Jan de Beer, Jan Gossart, Bernard van Orley, Marinus van Reymerswaele, H.B., Pieter Aertsen, Joachim Beuckelaer, Jan Vermeyen, Willem Key, Anthonis Mor, Frans Floris Jacob Grimmer, Abel Grimmer, Lucas van Valckenborgh, Hans Bol, Jan Bruegel, Joos de Momper, Roelandt Savery, Gillis van Coninxloo, Alexander Keirincx, Peter Paul Rubens, Anthony van Dyck, Cornelis de Vos, Jacob Jordaens, Adriaen Brouwer, David Teniers the younger.


This volume is not limited to the achievement of a few outstanding figures, giants of the age. It also contains perceptive studies of the hardly less brilliant, sometimes intriguing personalities who gravitated in their orbit; it traces, moreover, the trends of thought leading up to this grand expression of the genius of a race.

PLUS GRATIS PUBLIKASIE uitgereik tydens die rondreisende tentoonstelling, genaamd Five Centuries of Flemish Painting / Vyf Eeue van Vlaamse Skilderkuns, georganiseer deur die Belgiese Ambassadeur in die RSA (ongedateer, ~1970’s)


Datum: 1958
Aantal bladsye: 204
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
Grootformaat: 350 mm x 250 mm
Volkleur (foto op buiteblad kom in boek voor; buiteblad slegs rooi)


R500-00

HNA-EJ
How near Armageddon
Elana Janson
It is a fresh, stimulating and – to a certain extent – alarming, but thoroughly biblical interpretation of the prochecies in Revelation. The author challenges readers to evaluate their lives in the light of God's promise, "I will come again." Ideal for group or individual Bible study with diagrams and charts for better understanding. This book will change the way you think and speak and live!

Datum: 1999
Aantal bladsye: 409
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R110-00

JFUM-IDV
Just for you, Mom
Izak de Villiers
It is a book about a mother's love for her child. It also tells of the author's first great love, and brings to life the fine interplay and high regard that characterized the relationship between mother and son. It is a loving ode to motherhood as much as it is a grateful retrospective book at the life of an exceptional woman. It is also a salute to all mothers.

Datum: 2008
Aantal bladsye: 143
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R60-00

WDNDK-IDV
Wat dra my deur ’n krisis?
I.L. de Villiers
Dit is ’n boek wat vir elke mens, wát sy lewensomstandighede ook al mag wees, nuwe moed en hoop sal gee – ’n versterkende boek wat jou uitdaag om weer voluit te lewe. Die outeur skryf met soveel begrip, soveel deernis dat dit voel of ’n vertroude en ervare vriend met jou gesels en saam met jou midde-in jou probleem staan.

Datum: 1976
Aantal bladsye: 97
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

WIE-ILDV
Wie is ek?
I.L. de Villiers
Dit is ’n boek wat gebore is uit ware belangstelling in en meelewing met menslike probleme. Dit getuig van lewenservaring. En só kan dit elke leser help om nader aan sy ware self te kom, nader aan sy medemens – en bowenal nader aan Christus Jesus.

Datum: 1977
Aantal bladsye: 124
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

MBSK-PM
My buurman se kerk
Piet Meiring
Die skrywer in gesprek met individuele verteenwoordigers van twaalf verskillende kerke in Suid-Afrika wat vrae oor hulle kerke beantwoord. In gesprekvorm, informeel en insiggewend, o.a. Hoe het hulle kerke ontstaan?, Wat is eie aan hul kerk, wat bepaalde daardie kerk se besondere karakter? As daar aktuele aantygings teen hul kerk kom, as beweer word dat hul kerk verouderd en uit pas is, hoe reageer hulle dan?

Datum: 1973
Aantal bladsye: 176
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

SOD-KNRR
Is ek slim of is ek dom?
Kobus Neethling en Raché Rutherford
Dit is ’n merkwaardige boek wat jou:
- In staat stel om jou volle potensiaal te ontdek en maksimaal uit te bou
- Op daadwerklike wyse help om jou drome en ideale werkheid te maak
- Sal help om verandering en groei positief in jou lewe te gebruik

Datum: 1996
Aantal bladsye: 232
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand:
R65-00

BS-CC Brainstorming Charles H. Clark The dynamic new way to create successful ideas.
"I can think of no finer way to enrich a person's life than to stimulate him to a greater use of his creative talents. The ability to be creative – in which the techniques of 'brainstorming' play such an important part – is largely a state of mind. It is a state of mind that we all can cultivate.
As a business manager, I have been especially interested in stimulating ideas for two reasons: to benefit the business itself and to help the people who work in that business.
Datum: 1985 (1958?)
Aantal bladsye: 262
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R65-00

PL-HJ
The portrait of a Lady
Henry James
Penguin Modern Classics.
"The conception of a certain young woman affronting her destiny" was how the author described this poignant story of an American princess in Europe. The gay, indepentent, and beatutiful Isabel Archer, on her arrival from abroad, is courted by several eligible men. The account of her involvement in the toils of European guile is generally regarded as the finest book of James's middle period."
Datum: 1970
Aantal bladsye:
592
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R65-00

TT-AN
Tiny Tips
Adèle Nel
A set of six beautiful miniatures:
Tiny Tips from Miss Rosemary
Tiny Tips from Señora Sage
Tiny Tips from Laird Thyme
Tiny Tips from Lady Lavender
Tiny Tips from Master Mint
Tiny Tips from Count Coriander
Each booklet also containing growing, planting, culinary, medicinal, cosmetic and essential oils tips.
Datum:  2010
Aantal bladsye: 40/boekie
Aantal eksemplare: 5+ stelle
Opmerkings: NUUT, hardeband
R120-00 per stel

G-NVP
Guideposts
Norman Vincent Peale (Editor)
Guideposts is a collection of inspiring, true-life experiences told by men and women of all faiths, in all walks of life. It is packed with moving examples of how a simple faith can bring out almost incredible power and greatness in human beings.  Somethere in this volume is a message or an expereince that will hit to the core of your problem, or to the problem of soneone close to you.
Datum: – 
Aantal bladsye: 192
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

RBN-FRM
Rhodesia: Birth of a Nation
F.E. Metrowich
The author gives an account of the various moves in the Britain vs. Rhodesia battle, the uncessful efforts by those two countries to reach a settlement and the attitude of SA and Zambia towards Rhodesia. The book presents a study of the various aspects of the Rhodesian story in a concise and easily digestible form, but as a chronicle of facts, dates and figures it will be an indispensable reference work on current developments concerning Rhodesia.
Datum: 1969
Aantal bladsye: 168
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

LL-RC
Linguistics and Literature
Raymond Chapman
This lively introductory study of stylistics – the linguistic study of different styles in a sociological or literary sense – is written for those who are interested in any aspect of literary criticism of linguistics. It shows that linguistics and literature can illuminate each other in many ways, that linguistic analysis can make a precise and stimulating contribution to literary criticism, and that literature provides a rich and varied field for linguistic study.
Datum: 1973
Aantal bladsye: 118
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R70-00

THL-JRS
The Philosopy of Language
J.R. Searle (Editor)
The philosophy of language consists in the attempt to analyse certain general features of language such as meaning, reference, truth, verification, speech acts, and logical necessity. The philosophy of language is the name of a subject matter within philosophy. In the spread of analytical philosophy in the 20th century the philosophy of language has occupied such a central, some would say the central, place in the entire enterprise of philosophy.
Datum: 1974
Aantal bladsye: 150
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R70-00

AITL-DM
An introduction to Logic
David Mitchell
The common aim of all logical enquiry is to discover and analyse correctly the forms of valid argument. In this book concise expositions of traditional, Aristotelian logic and of modern systems of propositional and predicative logic show how far that aim has been achieved.
"Stimulating ... it can be read with great profit by philosophers of all interests and it would be hard not to learn from it."
Datum: 1967
Aantal bladsye: 192
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R70-00

CSR-JAPVB
Chomsky: Selected Readings
J.P.B. Allen and Paul van Buren (Editors)
The aim of this book is to present the main outlines of transformational theory, using as far as possible Chomsky's own words, but arranged in such a way that a non-specialist will have no difficulty in following the text. The topics covered include syntax, phonology, semantics and language acquisition. In the final section, some of the implications of transformational theory for language teaching are considered.
Datum: 1971
Aantal bladsye: 166
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R80-00

GLAIS-RHR
General Linguistis
An Introductory Survey
R.H. Robins
General linguistics, the scientific study of language, is important both as an academic subject and for its various applications such as language teaching and speech therapy. This book gives a general coverage of the subject, dealing with the full range and technicalities of linguistics as a field of research and teaching in British universities today.
Datum: 1968
Aantal bladsye: 391
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R115-00


TW-EMU

Taalwetenschap
een eerste inleiding

E.M. Uhlenbeck

Die inhoud bestaan uit die volgende afdelings:
– Inleiding
– De taalstructuur
– Verscheidenheid, verwantschap, verandering en homogeniteit
– De taalkundige literatuur

Datum: 1968
Aantal bladsye: 72
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed

R60-00


MT-PDVDW

Mené Tekél
letterkundige studies en kritieke

P.D. van der Walt

Hoe ’n mens ook al met die literatuur omgaan: onledend, beskrywend, vertolkend, vergelykend ... of jy die maatstaf van samehang en omvang aanlê, intrinsieke of transendente norme toepas – per slot van sake formuleer of impliseer jy ’n waardebepaling, tel jy, weeg jy.

Datum: 1969
Aantal bladsye: 215
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed

R110-00

IND-JG
Inleiding tot de Nederlandse Dialectologie
J. Goossens
Die inhoud bestaan uit die volgende hoofstukke:
1. Wat is Nederlandse dialectologie?
2. Beknopte methodiek van de dialectologie
3. Beknopte geschiedenis van de Nederlandse dialectologie
4. De indeling van de Nederlandse dialecten
De behandelde theorie is met 22 taalkaarten geïllustreerd.
Datum: 1977
Aantal bladsye: 184
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R60-00

TEB-RP
Taal en beroep
Réna Pretorius
Die idee het begin posvat om sprekers uit verskillende beroepswêrelde die geleentheid te gee om hulle visies op taal en hulle besondere beroepe te gee. Dit het gelei tot ’n lesingreeks wat in Taal en beroep opgeneem is. O.a. die volgende bydraes verskyn: Taal en die Reg, Taal en die predikant, Taal en die vertaler, Die koerant en die sosiale struktuur van taal en Afrikaans en die veeartsenykundige.
Datum: 1986
Aantal bladsye: 147
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

SP-HBDS
Spektrum
Helena B. de Swardt
Die versameling in hierdie uitgawe betrek ongeveer 63 jaar van Afrikaanse kortprosa en sluit o.a. in: Sangiro, C.J. Langenhoven, C. Louis Leipoldt, J. van Melle, Elise Muller, Jan Rabie, Henriete Grové, Abr. H. de Vries, Hennie Aucamp, Chris Barnard, A.A.J. van Niekerk, Jan Spies Jeanne Goosen en P.C. Haarhoff.
Datum: 2000
Aantal bladsye: 185
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R70-00

TWEO-ILDV
Teen winter en ontnugtering
I.L. de Villiers
Dit is ’n boek wat die leser tot nadenke prikkel en inspireer. Te midde van al die rampspoed en sinisme, die beklemmende gevoel van magteloosheid en lewensvoosheid wat die moderne mens pak, bring dit nuwe perspektief en oplugting van die gemoed; bowenal die versekering dat "in al hierdie dinge tog sin is ... "
Datum: 1979
Aantal bladsye: 90
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

S-MVDV
Stiltetyd
Marita van der Vyver
Dit is die meesleurende verhaal van ’n vrou se stryd teen ongeneeslike smart, van haar soeke na haarself, en van die skugter, moedige treë – terug – na die hart van haar man.


Datum: 2006
Aantal bladsye: 334
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R80-00

T-MVN
Triomf
Marlene van Niekerk
Triomf is ’n boek vir die groot lag én die groot huil. Een wat jou pak, jou laat gru, jou betower. ’n Storie wat jou laat met dié verwondering: dat soveel grasie kan kom uit so ’n geneuk. ...

Die vier bewoners van Marthastraat 127, Triomf, leef bo-op ruïnes van die ou Sophiatown. Mol in haar housecoat, Pop op sy laaste bene, Lambert wat in hul jaart se verlede grawe. En Treppie, slim verby die houtjie van die galg.
Al wat hulle het, is mekaar en die dak oor hulle koppe. En hulle Volkswagen wat hulle moet wegvat Noorde toe as die groot moeilikheid kom.
Nou wag hulle dié twee dae af: 26 April 1994, wanneer Lambert veertig word, en die verkiesingsdag daarna, wanneer alles gaan verander.
Datum: 1999
Aantal bladsye: 451
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands
Toestand: Goed
R80-00

DV-TDT
Die vennootskap
Tryna du Toit
’n Liefdesverhaal met ’n ongewone tema wat alle bewonderaars van Tryna du Toit se werk met gespanne aandag sal lees.

Toe dr. Martin Burger, een van die knapste snykundiges in die hospitaal waar Marie Cronjé ondermatrone is, op ’n dag vir haar vra om met hom te trou, is sy eers totaal uit die veld geslaan. Martin Burger was ’n wewenaar met ’n verlamde dogtertjie, Rykie vir wie Marie liefdevolle versorging moet gee ...
Datum: 1965
Aantal bladsye: 159
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

HVDP-TDT
Huis van die purperwinde
Tryna du Toit
Toe Tobie Boshoff die dag by Robberg verdrink en sy stiefdogter, Fleur, alles erf, wou sy, verslae en ontnugter, die familiestrandhuis op Plettenbergbaai dadelik verkoop, maar oupa Josua het haar afgeraai ...

Weer eens slaag die skryfster daarin om ’n boeiende verhaal op te bou rondom die lewens van ’n gesin met uiteenlopende temperamente en behoeftes.
Datum: 1970
Aantal bladsye: 154
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

DWR-TDT
Die wit ringmuur
Tryna du Toit
Die deftige ou huis was groot, met wit gewels en koel luike, omsluit met ’n wit ringmuur met stewige houthekke. Dit was ’n geskiedkundige ou opstal wat vertel het van ’n verlede, grasieus en gemaklik, van die tye toe die wit ringmuur ’n verskansing was teen roofdiere en ander gevare daar buite ... In die drukte van die moderne tyd het veel van die ou tradisies en gewoontes verlore gegaan, maar nie alles nie: Die hartlikheid, die gasvryheid het behoue gebly. Daar is ook ringmure van die hart en die gees wat selfs in die moderne dae behoue gebly het.
Datum: 1964
Aantal bladsye: 223
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00


GME-ES
Goeie maniere en etiket
Emsie Schoeman
In die blaaie van hierdie boek kry ’n mens raad vir elke denkbare soort situasie. ’n Wye reeks onderwerpe word bespreek – van bankette tot begrafnisse tot buitelandse besoekers, van amptelike onthale tot spyskaarte tot die fyn kuns van ’n guns vra! Dit is ’n boek waarvoor daar op elke boekrak ’n plek ingeruim moet word. In die komplekse en vinnig veranderende wêreld van vandag is dit ’n onmisbare hulp.
Datum: 1981
Aantal bladsye: 176
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R70-00

RSDS-TDT
Rusteloos is die seile
Tryna du Toit
’n Vrou wat nie opgewasse is teen die verantwoordelikhede en probleme van die huwelikslewe nie, en ’n man wat nog studeer en nie in staat is om sy finansiële verpligtinge na te kom nie – op hierdie tema is die boek gebaseer, een van die boeiendste verhale wat nog uit Tryna du Toit se pen gekom het.
Datum: 1965
Aantal bladsye: 158
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

T-TDT
Towerwater
Tryna du Toit
Vir Ria de Wet het die wêreld meteens vol probleme geword. Ná haar egskeiding en ’n ander moeilike situasie besluit sy om met verlangse familie op ’n Karooplaas te gaan kennis maak. En so het sy op Towerwater aangekom: die plaas waarop glo ’n vloek gerus het. Op hierdie plaas sou Ria eindelik haar ware geluk vind, maar nie voordat skokkende gebeurtenisse plaasgevind het nie.
Datum: 1965
Aantal bladsye: 154
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00

LIDB-TDT
Die lied in die bos
Tryna du Toit
’n Boeiende liefdesverhaal waarin die ingewikkelde verhoudinge in die hoë sosiale kringe van die Goudstad op onoortreflike wyse deur een van die gewildste Afrikaanse skryfsters weergegee word.
Datum: 1967
Aantal bladsye: 160
Aantal eksemplare: 1
Opmerkings: Tweedehands, hardeband
Toestand: Goed
R65-00